Saturday, April 28, 2012

3 JAAR LATER

Donderdag 26 April 2012 was dit 3 jaar wat my lewe finaal inmekaar getuimel en drasties 'n ander rigting geneem het. 3 jaar later is ek maar nog op dieselfde pad van hoekom, waarom en waarvoor? Met geen vooruitsigte en strompel maar die pad nog al sukkelende voort en probeer nog steeds bly hoop, glo en vertrou met 'n lee gemoed.

Hier en daar is daar 'n ligpuntjie...die voortuisig van ouma word, my dogter wat haar graad behaal het ten spyte van moeilike omstandighede. Dan se ek dankie aan 'n Hemelse Vader wat barmhartige samaritane oor haar pad gebring het om haar deur universiteit te sien.

Dit is dan wat ek voel ek my kinders gefaal het. Gefaal het in ouer wees, gefaal het in ma wees, gefaal het in bystand..veral finansieel en voel dit dan dat ek 'n niks is in hierdie wereldjie van ons nie. As ouer kon ek niks in sukses bereik en ploeter maar voort om net te kan bestaan. Vriende het ek nie meer nie, kennisse wel en familie wat nie meer regtig ware familie is nie.
Tog is die Hemelse Vader my steeds genadig en het ek nog kos om te eet, 'n plek om in te bly, 'n werk waarvoor ek dankbaar is maar dit nog steeds nie genoeg is tot volkome geluk en tevredenheid nie. Die gemis aan 'n lewensmaat, 'n vriend, iemand om mee te deel en saam dinge te doen laat die leemtes onvervuld bly.

Hemelse Heer, vergewe my vir my ondankbaarheid,  vir my gemoeds opstandigheid, bitterheid en eie ek. Help my om diegene om my lief te he en te vergewe wat my te na kom. Vader neem U die stuur oor van my lewe in die rigting waarin U wil he ek moet gaan en bly in beheer van my lewe. Vader dankie vir U grootheid en genade, U onverstaanbare liefde, vrede en vergifnis. Troos ons nou Here en bring berusting, vrede, seen en voorspoed. Dankie Hemelse Heer dat ons nog steeds na u toe kan kom in tye wanneer ons verlate voel en U ons enigste Vriend, Vertroueling, Vertrooster en Hawe is waarheen ons kan vlug. Aan u kom toe al die lof, die eer en heerlikheid tot in ewigheid om Jesus Christus Naam Alleen, Amen.