Tuesday, September 17, 2013

Tyd vir 'n Nuwe Baadjie

Dit het tyd geword vir 'n nuwe baadjie, in 'n ligter kleur en 'n ligter luim. Hierdie woes ernstige sake en morbiede gedagtes en idees is goed maar kan ook nie vir ewig duur nie. ........ die woordjie "maar", "maar?"  het iemand eendag iewerste gese wanneer 'n mens "maar" begin gebruik is die duiwel alweer aan die werk. Nou hoe gebruik mens 'n sin in meeste gevalle sonder die woordjie "maar"? Dit is moeilik.

Met die somer op hande en die reuk van reen kan dit nie anders as om 'n vrolike opgeruimde atmosfeer te skep nie. Dit het tyd geword vir blydskap, vrolikheid en nuwe lewenslus. Ai, hoe wonderlik is dit nie om te ontvlug in sorgvryheid van glimlaggies, rustigheid en vrede wat sommer alle spanning laat wegspoel met 'n verfrissende vars bries in die lug nie.

Dan word dinge soos om jou te verknies oor mense wat van jou hou en nie van jou hou nie 'n vae herinnering en verwydering uit jou lewe. Die lekkerte weer van huismense te groet soggens en saans, te lag en te gesels in vrede en rustigheid maak op vir al die donker van die verlede. Vooruitsigte van saam wees, saam doen vir solank as ons geleen word vir mekaar, bring soveel vreugde teweeg dat 'n mens sommer by al die swaar en lelik verby kyk.

Aanvaarding van ander is nou 'n bysaak, die denke van ander 'n bysaak en net om lief te he, vasgehou te word  is 'n Goddelike seen waarvoor daar ewige dankbaarheid sal wees. 'n Genade so groot wat enige mens verstom laat en weereens laat besef hoe Groot en goed ons Hemelse Skepper en Vader is in  Sy ewige Raadsplan en boukuns met ons lewens.

Ook sal ons nie weer se nooit weer nie, want die waardering kom uit lesse van die lewe. Wanneer kinder glimlaggies jou begroet is die besluit klaar geneem om nie weer dieselfde foute te maak op 'n tweede kans, 'n nuwe geleentheid wat vir jou geskep word nie. Soveel waardering, soveel liefde is 'n absolute God gegewe genadegawe wat alle menslike verstand te bowe gaan. 

Daarom kan ons weer lag vir die lewe en weet dat niks of niemand ons meer kan seer maak nie. Niks of niemand ons meer op die grond kan trap nie en stap ons met 'n glimlag deur alle stormwaters met ons Heerser en Skepper aan ons hand. 

Hierdie vreugde, hierdie blydskap is doodeenvoudig net 'n groot wow! en word dit vir niks of niemand verruil nie. So gelukkig was ek lanklaas en weet ek diekeer gaan niemand in die pad daarvan staan nie. 'n Geskenk uit ons Vaderhand. 
Mooi  loop
ETS