Dierbare
kinders,
Dit is met verlange en baie heimwee dat ek die brief aan
julle opdra.
Die Here het ons geseën met twee gesonde normale mensies,
geweef in die moederskoot.
Die wonderlikste geskenk wat ‘n ouer kan ontvang.
Ons het dit nie altyd maklik gehad nie, maar werklike
swaarkry het ons ook nie gehad nie. Die Here het altyd vir ons gesorg, net soos
HY nou ook vir ons sorg. As ouers kon ons altyd voorsien in julle behoeftes en
gee wat julle nodig gehad het.
Ons het julle in geloof en liefde grootgemaak om in respek
en verantwoor-delikheid op te tree, nie net teenoor julself nie, maar ook
teenoor jul medemens. Ons as ouers was en sal nooit volmaak wees nie en daarom ons bes
probeer om vir julle ‘n voorbeeld te kon stel.
Op skool het julle geskitter en kon mense nie uitgepraat
raak oor twee prag blomme wat altyd hul
medemens met die grootste respek hanteer het en glo julle vandag nog doen. Wat ‘n
trots en sieraad was dit nie vir ons as ouers nie. Ons het heeltyd gepronk en
uit ons nate gebars van trots.
Totdat.....totdat die duiwel ons wingerd begin verniel het.
Toe ons in geloof begin faal en aan wêreldse dinge begin toegee en meegee, het
ons getuimel en bly tuimel totdat ons nessie uitmekaar geruk is. Ons as ouers
het ons kinders gefaal en was onherstelbare skade aangerig.
Die egskeiding en dood het ons ingehaal en ons verder
uitmekaar laat spat. Verliese van eiendom, besittings en finansiële nood het
dit vererger. Ten spyte van diepe hartseer het julle sterk bly staan. Julle het
verwerping ervaar totdat die Hemelse Vader ingegryp het om mense op jul weë te plaas.
Na maande se trauma verwerking en wroeginge het jul staande gebly en geleer om
mislukkings te oorkom en suksesse te bereik.
Hereniging en samesyn het ons weer nader aanmekaar gebring
met meer waardering en begrip vir mekaar. Nou is julle volwasse persone, elkeen
met sy eie uniek wees. Terugslae het julle nie van stryk gebring om aan te hou probeer,
vas te hou in geloof, hoop en liefde nie.
Julle is geseën met ‘n werk, gesondheid en mense om julle
wat omgee en bowenal die geskenk van ‘n seun en kleinseun.
Tegnologie oorbrug afstand, begrip vir omstandighede gaan
gepaard met geduld en liefde na die uitsien en brandende verlange van werklike
samesyn.
Mag God se liefde, vrede en seën met julle wees. Vir julle
berusting bring waar julle is en in alles wat julle doen.
Met verlangende liefde
Mamma 21/1/2016
No comments:
Post a Comment