Tuesday, July 30, 2013

'n Nuwe Lewe


Support Linah                    Help needed to restore eyesight                      Travel and Accommodation
Daar is en was al baie oor my gese, gepraat en dalk nog steeds, meeste van die tye agter my rug of selfs waar ek nie teenwoordig is nie. Dit het my net al hoe meer laat dink en besef oor die dinge waaraan ek tekort geskied het. Dit het my ook tot die insig gebring om nie afhanklik van negatiewe kritiek te wees nie, maar het my net sterker gemaak en my na boontoe laat opbeur. In so 'n mate dat ek uiteindelik die punt bereik het waar ek nou kan se: 'n Nuwe lewe met 'n nuwe toekoms wag vir my!

Ek het 'n wonderlike man ontmoet en eersdaags deel ons saam in een woning en in een alles. Met my vorige inskrywing van " 'n Terugblik na die verlede met die oog op die toekoms" het ek nog baie stof tot nadenke gehad. Ek het opnuut weer besef hoe die Hemelse Vader my lei volgens Sy Wil en Sy Orde. Ons beide glo dat dit ons Hemelse Skepper se wil was en is om ons bymekaar te gebring het. Alles voel net reg en voel dit asof ons mekaar al jare ken sonder enige twyfel van beide kante.

Om finaal die verlede agter te los het my ook laat besef hoe mense/persone ander se lewens op "mooi maniere" kan vernietig hetsy deur dade of deur woorde. Sonder om te dink, sonder om empatie te he en sonder om opreg te wees.

Vandag kan ek se, ek hoef nie meer terug te kyk daarna nie, want wonderlike dinge is met my aan die gebeur en bring ek al die lof en eer toe aan ons Hemelse Skepper en liefdevolle Vader.

So het dit my ook gebring na die alledaagse dinge waar die Christendom veral aangeval word en dit het my laat wonder hoekom mense nie meer en meer begin bid om die duiwel en sy werke nietig te laat maak nie? Hoekom word satan se naam nie so hardop genoem en geuiter soos wat daar met Christus se naam gelaster en gespot word nie? Is die mensdom banger vir satan as vir God?

Die satan val ons huisgesinne aan, dring in ons binnekamers in, lei ons weg van Christus se huis (die kerk) en ons is maar net ewe gediend daarmee met allerhande verskonings soos "ja maar dit of dat, ens" Ons sit sport stadions, teaters, filmhuise, musiekfeeste en dobbelhuise vol, maar ons het nie gawes om aan God te gee nie.

Hoekom begin ons nie vir 'n slag vra dat God se Koninkryk moet kom in plaas van ons eie selfwaan, behoeftes en tekortkominge nie? Hoekom bid en pleit ons nie eerder vir orde in 'n chaotiese, ongelowige wereld nie? Wat is dit wat jou keer om jou gesin te seen, God te dien en die satan te vervloek? 

Jy mag maar vir Skepper vra om jou te help in die stryd teen satan. Jy mag maar God se wapenrusting aantrek en begin afsien van eietydse en wereldse dinge. Met alles waardeur ek en my kinders is, het ek begin besef watse groot rol die satan in ons mense lewens gespeel het en nog steeds doen. Dat satan mense en wereldse goddelikhede gebruik het om ons gesin te vernietig en so ook besig is met ander gesinne, huise, skole, kerke en besighede.

Daarom gaan ons nou op ons kniee en ons bid: Hemelse Vader spreek die seen uit oor elkeen wat hier mag lees. Vergewe hulle wat nie wil glo of vertrou nie. Laat U wil geskied, Laat U koninkryk kom en bewaar ons van die aanslae van die bose. Lei ons op U pad, in U waarheid om U Wil te doen. Ons loof en prys U Naam ons Grote God, Koning en Hoe Priester, Saligmaker en dank ons U vir U onverstaanbare genade, vrede en liefde. Amen.

Mag God ons elkeen ryklik seen met voorspoed, vrede, liefde en geduld.

Liefde
E.T.S

No comments:

Post a Comment