Wednesday, November 01, 2017

'n Brandende Land

'N BRANDENDE LAND

Na vandeesweek se swart Maandag, optogte en 'n wit kruis wat op profiel foto's geplaas is om medelye te he met alle gewelds slagoffers, word daar boodskappe uitgestuur om die kruis te verwyder omdat ons ge-"target" word.

Nou wil ek vir diegene vra wat paniek en vrees saai deur sulke boodskappe uit te stuur, glo jy werklik? Waarom hardloop jy weg as jy werklik
glo?

Dan praat ons van onsself as 'n "gelowige" nasie, maar wanneer dit by "oorlog" kom en terugveg kom, raak ons bang en hardloop ons weg. Is jou eis van 'n gelowige Christen dan geregverdig? Ons is elke dag 'n "target"/ 'n Teiken vir alle vorms van geweld en misdaad. Hetsy op pad werk toe, winkels toe, met vakansie, waar ookal. Ons is en bly 'n "target".

Ons is 'n sogenaamde "gelowige" nasie, ons bid, ons pleit maar ons doen niks. Wanneer ek praat van "oorlog" gaan dit oor 'n geestelike oorlog, dit sluit wit, swart,  bruin en gekleurd in want almal, die hele volk is keelvol vir aanblaas van vrees, chaos en verwoesting van 'n land waarin 'n volk en nasies in vrede kan saam leef.

Ons het bang geword om die euwels te bestry. Ons het bang geword om op te staan vir dit wat goed en reg is. Ons het bang geword vir mense. Wie is mense? Mense is 'n instrument in God se hand. 'n Instrument om Sy Woord uit te dra en te veg vir dit wat reg is.

God het tog immers die volke laat oorlog maak om vrede te bewerkstellig. God wil he en Hy verwag dit van ons om Sy wil te doen en na te kom. Nie net om heeltyd van Hom te eis en af te vra nie, maar ook om the DOEN. Wat doen ons? Ons hardloop weg, ons bly weg van die Huis van die Here af, ons aanbid babel en mammon, maar wanneer dit by die saak van die Here kom, dan hardloop ons weg of is ons te skaam om op te staan vir HOM ons Verlosser, Saligmaker en Heler. Ons het te bang geword om saam te staan en skouer aan skouer te veg. Ons steek mekaar eerder in die rug as om te ondersteun en om dit wat ons van God afgebid het verder te neem.

Ons wil net altyd hoor wat vir ons goed is, maar ons wil nie hoor wat vir God goed is en wat Hy van ons vra nie.

Staan op!  vresende, bang nasie, veg sy aan sy met medegelowiges, wit, swart, bruin of gekleurd. Waarom bang wees vir mense? God is tog baie groter as enige mens?

Wat nodig is in die brandende  land en wereld is verootmoediging en daadwerklike optrede in geloof, werklike berou, God se Woord te soek, Sy Wil te begin doen en Sy Huise weer vol te begin maak en huisgodsdiens te hou,

Dan eers sal regverdigheid begin intree. Dan  eers sal daar vrede begin kom, Dan eers sal mense in harmonie met mekaar kan begin saam leef, Dan eers sal geweldenaars, moordenaars, diewe, skelms, haat en nyd tot 'n einde kom. Dit alles tekens van die eindtyd.

Mede burger en gelowige, die oproep van God is daar! Maak oop julle oe en begin om God te dien in volle glorie, volle lofprysinge en volle skuld erkentenis. Hou op! om paniek en vrees te saai en begin werklik om te glo in God se Mag en Sy Wil want Sy Raadsplan is in plek.

Seenwense vir ieder en elk wat hier lees, vrede vir julle en mag God in die proses geeer en gedien word.


No comments:

Post a Comment